Die Digitale Tuiste vir Reitz Kamerwonings (RKW) en Heimat.
Koshuis vir Studente in Bloemfontein
Welkom by die webtuiste wat ons vir Reitz Kamerwonings (RKW) en Reitz Heimat geskep het.
In soverre dit President Reitz-kamerwonings betref, is dit meer terwille van pragtige herinneringe en om kontak te behou. Sien die Robbe bladsy (Reitz Old Boys) en Blogs vir meer. Nuwe besoekers of voornemende studente sal dit wel baie interessant vind.
Na die sluiting van Reitz gedurende 2008 op die kampus self, het die behoefte ontstaan om die goeie en gesonde tradisies te laat voortleef wat oor ’n tydperk van bykans 70 jaar opgebou is . Die enigste uitweg was om ’n privaat-bestuurde manskoshuis op die been te bring buite die perseel van die Universiteit van die Vrystaat.
(UV / UFS).
Die koshuis word streng bestuur, handhaaf balans en streef na die volle ontwikkeling van elke student. Tipiese koshuisgees word aangemoedig en ons neem aan alle studentebedrywighede deel.
Hoe om deur die webbladsye te navigeer:
- Kliek op die onderskeie hofies en lees inleiding.
- U sal ook verskeie sub-hofies sien, kliek daarop om te lees.
- Alles wat in blou is in die teks op ’n bladsy, lei na 'n gepaste bladsy waar u meer kan lees oor die persoon of onderwerp wanneer u daarop kliek. So ook die knoppies (Buttons).
As u wil blog (Iets wil vertel oor 'n spesifieke onderwerp of 'n lekker storie wil deel), stuur dit gerus na info@gardenroutedigital.co.za vir oorweging en plasing. Onthou foto's asseblief.