Die Ontstaan van Heimat Mannerheim
Dit is geen geheim dat die stigting van Heimat Mannerheim gevolg het nadat President Reitz Kamerwonings gedurende 2008 deur die owerheid van die Universiteit van die Vrystaat gesluit is. Die vier betrokkenes by die sogenaamde Reitz-video-voorval is geskors.
Dit het die res van inwoners, in die middel van hul onderskeie studiejare, haweloos gelaat.
Dit was 'n kommerwekkende situasie. Mans wat gedurende hul studentejare soveel pragtige herinneringe opgebou deur saam te lewe en te strewe, was skielik gestrand, en dit in die middel van die jaar.
Ook het Reitz, een van die oudste koshuise op die kampus ‘n besondere rol in die geskiedenis van die UV gespeel en 'n substantiewe bydrae tot die beeld van die UV as 'n tersiêre instelling van wêreldgehalte gelewer. Reitz se unieke kultuur en samehorigheidsgevoel, het bekende Suid-Afrikaners gelewer. Formidabele akademici, politici, kulturele leiers en sportmanne wat in Reitz was, het hulle deeglik op nasionale en internasionale vlak laat geld.
Op daardie tydstip het veertig 'Bittereinders' gevoel dat Reitz moes voortleef, al was dit buite die kampus. Mnr. Christo Dippenaar, prokureur van Bloemfontein en huidige senior koshuishoof, het alles in die stryd gewerp om die manne te help.
Alhoewel nie die tipiese opset van Reitz (met sy "Bungalows" en "Hondehokke") nie, kon ons 'n heenkome vind vir die manne in die koshuisgebou van die Hoërskool Dr. Böhmer wat leeggestaan het.
Die groot voordeel van die skoolkoshuis was 'n eetsaal waar almal saam kon eet. (Eetsale het dieselfde effek as teekanne en senior bonde; dit skep 'n lekker gesellige opset waar studente kan byeenkom en gesels. Die waarde hiervan word eers besef as dit nie meer daar is nie – die eetsale is in 2005/7 afgeskaf op die kampus en tans het slegs Vishuis n eetsaal na wete). Die manne kon dus weer as volwaardige koshuis funksioneer.
Gedurende April 2014 het Heimat na ‘n nuwe tuiste getrek, voorheen bekand as Lakewood Lodge. Intussen was daar met 'n ontwikkelaar onderhandel om 'n koshuis te bou wat op die Bungalow-konsep geskoei is. Die gebou is voltooi begin 2016 en betrek. Alle memorabilia word in die gebou ten toon gestel en gesonde tradisies word gehandhaaf.
Tans is daar oneveer 120 inwoners wat op alle gebiede hul beste lewer en presteer.
Alhoewel ons die naam moes verander, lewe die tradisies van Reitz voort en word daar uiting gegee aan die leuse:
Unitas in Variis - Eenheid in Verskeidenheid.
As jy graag deel wil word van 'n trotse koshuis waar jy voluit student kan wees, voltooi die aansoekvorm.