Foto's : Mini Reünie : Maart 2014 : Bloemfontein
(Kliek op 'n foto om te vergroot)
Berigte En Foto's Wat In Volksblad Verskyn Het Oor Die Mini - Reünie
Möwe du fliegst in die heimat . . . Inwoners van omstreeks 1976 tot 1980 van die Universiteit van die Vrystaat se destydse Reitz-kamerwonings het die afgelope naweek in Bloemfontein saamgetrek. Hulle het onder meer laer getrek om aan een van hul oudkoshuismaats, Philip Henning, ’n boer van Tweespruit, wat die afgelope twee jaar aan motorneuronsiekte (MNS) ly, hulde te bring vir sy vegtershart. Hier sing van hulle vir Henning (voor) die koshuislied toe. Van links is JP Kruger (nou van George), Deon du Plessis (Aliwal-Noord), Klaas Venter (Johannesburg), Deon van Wyk (Kaapstad), Philip Mostert (Rustenburg), Nic Greyling (Pretoria), Pierre Ludeke (Windhoek), Jack Radford (Reitz) en Beukes van Zyl (Bloemfontein). Van Zyl was ’n latere inwoner van Reitz en die private stadskoshuis Heimat wat in Reitz se plek gevestig is. (Met erkenning aan VOLKSBLAD, Mense en gebeure, bladsy 6, Saterdag 5 April, 2014)
Jool-komplot uiteindelik oopgevlek
Volksblad Donderdag 03 April 2014
Vermoedens van vuil spel met joolgeld is die afgelope naweek ná meer as 36 jaar in Bloemfontein op ’n saamtrek van oud-inwoners van die destydse Reitz-kamerwonings van die Universiteit van die Vrystaat onder dwang bevestig.
Op die hooffoto wat verlede naweek geneem is, wys Klaas Venter (links), Philip Mostert (middel) en Pierre Ludeke met ’n handvol note hul joolset het oor dekades heen wel dividende opgelewer. Hulle wou nie presies verklap wat die komplot behels het wat hulle as lede van die Reitz-joolkomitee in 1978 gesmee het nie.
Op die inlasfoto is hulle in dieselfde volgorde in 1978 hard aan die konkel om ’n bussie joolgeld. Die dividende op hul beweerde belegging van joolgeld is in verlede naweek se saamtrek ingeploeg. Venter, destyds van Bloemfontein, is ’n sakeman in Johannesburg. Mostert is ’n sakeman in Rustenburg en Ludeke is ’n Namibiese boer buite Windhoek.