President Reitz Kamerwonings / Heimat Mannerheim : Reünie 2013
Reünie 2013
deur Hennie Pienaar
Ek gee graag bietjie nuus deur oor die pas afgelope reünie in Bloemfontein: Reitz 65 / Heimat 5:
Wat ‘n heerlike naweek om weer ou kennisse te ontmoet, en weer die gees van President Reitz-kamerwonings in te adem wat in die nuwe koshuis, Heimat Mannerheim voortleef ! Sien die foto van Volksblad van die primarii wat die geleentheid bygewoon het. Nie almal wat daar was is egter op die foto nie. Sien die Heimatman heel regs agter, met die baard. Een van die spitsvondige oumanne in die huisvergadering die Saterdag het opgemerk hy sien nie die borsbeeld van President Reitz nie. Summier is Chris du Randt, huidige inwoner van Heimat, opgekommandeer om die standbeeld se rol te vertolk.
Piet Nel was die oudste ouman wat die reünie bygewoon het, maar Saterdag-aand met die dinee was hy asook Willem van Niekerk (albei 1949 eerstejaar) teenwoordig!
Soos julle sal sien het die oumanne vanoor die land die reünie bygewoon, altesaam 177. Ek is egter baie trots om te kan sê nege oumanne van die Wes-Kaap, twee van die Suid-Kaap en twee van die Oos-Kaap het die Kaap verteenwoordig!! Dankie nogmaals aan julle almal vir julle moeite om die reünie by te woon! Ek waardeer dit opreg!
Vrydag-oggend het ons vroeg geregistreer, wat danksy Dippies, die koshuisvader se toedoen, baie professioneel gedoen was. Dit is opgevolg deur die Teekan-biduur gelei deur ds. Christo Louw. Daarna is die onderskeie rugbyspanne se truie uitgedeel vir die aand se rugbywedstryde. Na die uitdeling was ‘n fantastiese braaivleis vir ons gereël. Daar sal nog lank gepraat word hieroor!!!
Heimat het teen Veritas gespreel; Heimat se derde span het ongelukkig verloor (15 – 17), maar die tweede span (57 – 5) asook die eerste span (36 – 24) het gewen.
Saterdag-oggend 12:00 het die huisvergadering begin: Robbie Dennis het gevra dat ons eer sal bewys deur ‘n minuut van stilte vir die oud-Reitzmanne wat sedert die vorige reünie in 2008 gesterf het.
Daarna het hy kortliks verwys na die geskiedenis van die koshuis van 1992 – 2013. Die NUOR (Nasionale Unie van Reitzmanne) se finansiële posisie is ook bespreek , en Robbie het gesê daar is slegs enkele debietorders wat nog steeds maandeliks ‘n bedrag in die NUOR se bankrekening betaal. Hy het voorts vertel van die planne om te streef na ‘n eie nuwe koshuis, en dat daar hard gewerk gaan word om dit te verwesenlik.
Robbie Dennis het nou uitgetree as die voorsitter van die NUOR en ‘n verkiesing is gehou om ‘n nuwe bestuur aan te wys. Ek gee aan die einde van dié e-pos die nuwe bestuur se name:
Daarna het nege primarii die vergadering toegespreek (nie almal was by die vergadering nie) en dit was heerlik om te hoor wat hulle te sê gehad het. Oom Piet Nel, Prime 1952, was die eerste aan die woord. Sien ook die foto bo aangeheg asseblief.
Na die huisvergadering, wat glo my volop kwinkslae was (soos van ouds!!!) het ons verdaag om gereed te maak vir die aand se dinee wat in die Joolsaal gehou was. Wat ‘n wonderlike aand van nostalgie en “onthou”.
Sondag-oggend was daar ‘n spesiale kerkdiens wat afgesluit was met tee en toebroodjies.
Aangesien Robbie Dennis as voorsitter van die NUOR uitgetree het, het ek namens die Wes-Kaapse Robbe ‘n spesiale oorkonde ontwerp en laat raam om erkenning te gee vir sy betrokkenheid by die NUOR sedert die ontstaan in 1990, waarvan hy sedert 1995 die voorsitter was. Dit is die aand tydens die dinee aan hom oorhandig.
Die nuwe NUOR-bestuur is as volg:
Voorsitter: Ronnie van Dyk Bloemfontein
Onder-voorsitter: Conrad Pienaar Bloemfontein
Koshuisvader: Christo Dippenaar Bloemfontein
Wes-Kaap: Hennie Pienaar Bellville
Gauteng en die Noorde: Blouwillem Theron Pretoria
Vrystaat en Noord-Kaap: Beukes van Zyl Bloemfontein
Suid- en Oos-Kaap: JP (Janis) Kruger George
Namibië: Jan van Greunen Swakopmund
JP Kruger gaan nou die Suid-Kaap verder verken vir ou-Reitzmanne, waarvan ‘n paar reeds op die Wes-Kaapse databasis is. Hy sal ook na die Oos-Kaap kyk waar ek onlangs drie oud-Reitzmanne opgespoor het. Namibië lê ook braak, maar Jan van Greunen (Ook bekend as Jan Stoop) van Swakop gaan die manne daar bymekaarmaak.
Vul asseblief dié vorm hier in as u nog nie op databasis is nie: http://www.presreitzheimat.co.za/databasis-voltooi-asseblief.html
JP sal dit aan Conrad en die streeksverteenwoordigers stuur vir opdatering. Die betrokke streeksverteenwordiger sal u dan kontak vir verdere besonderhede.
Nou vir 2018!

Foto en berig met erkenning aan VOLKSBLAD: Sien onder foto
Reitz en Heimat hou reünie
Pres. Reitz-kamerwonings, eertydse koshuis van die Universiteit van die Vrystaat, en Heimat Mannerheim, die private stadskoshuis wat in Reitz se plek tot stand gekom het, het verlede naweek saam reünie gehou. Reitz, wat in 2008 finaal deur die UV gesluit is, sou nou 65 jaar oud gewees het. Heimat is nou vyf jaar oud. Oudinwoners van Reitz en Heimat het van oor die land heen vir die reünie opgeruk. Onder hulle was primarii van destyds tot nou.
Van links is, voor: Piet Nel (oorspronklik van Warden, nou Bloemfontein; 1952), PJ Jordaan (oorspronklik van Allanridge, nou Kroonstad; 1991), Paul Moller (oorspronklik van Bethlehem, nou van Kaapstad; 1970), ds. Jan Pretorius (oorspronklik van Walvisbaai, nou Louis Trichardt/Makhado; 1980), Erik Burger (Brandfort; 2005), Pieter van den Berg (oorspronklik Lindley, nou Bloemfontein; 2009); agter: Francois Crous (oorspronklik van Kroonstad, nou Bloemfontein; 2012), Willie de Jager (huidige primarius), Pietie Odendaal (oorspronklik van Standerton, nou Secunda; 2008), Braam van den Berg (oorspronklik van Virginia, nou Brits; 2010), Gerrie Schoeman (Ermelo; 2011) en Chris du Randt. Pretorius was in 1984 voorsitter van die UV-studenteraad. Du Randt is ’n huidige inwoner wat tydens die reünie-huisvergadering as pres. FW Reitz moes “diens doen”.