Ek het beide die volgende bydraes van Robbie Dennis ontvang wat gedurende 2008 in Volksblad verskyn het.
Ode aan Pres Reitz Kamerwonings 2008 : Blouwillem Theron
Ek het sonder broers en susters grootgeword. Enigste kind. En dit was veral die broers wat ek in my lewe gemis het want ‘n meisie kan jy nog kry maar pêlle wat ook broers is, is ‘n skaars ding. En toe, een dag vroeg in 1971, is ek, “boytjie” van Wonderboom-Suid in Pretoria, skielik omring met broers. ‘n Broer van Clocolan, ‘n broer van Trompsburg, ‘n broer van Bultfontein, Dealesville, Boshoff, Bethlehem en talle plekkies waarvan ek nog nooit gehoor het nie. ( o ja en sommer drie van Kroonstad!) Die plek waar ek die nuwe bloedfamilie ontmoet het se naam was ( kan ek dit maar hard sê?) Reitz-kamerwonings of sommer net Reitz. Vernoem na een van die grootste Vrystaatse staatsmanne, FW Reitz, wat ook een van die grondleggers van die latere UOVS was.
En toe word ek saam met daai bloedfamilie van my vir altyd Reitzmanne. Nie soos mal mense van daai’s wat met vliegtuie in geboue vasvlieg nie, maar tog passievol, geborge in die familie en veral trots om te kan sê ek was daar al het party dames deur die jare hulle wenkbroutjies sóó getrek as hulle dié blye nuus hoor. Ja, ‘n koshuis met tradisie gespel met ‘n hoofletter T wat manne soos Sakkie van Zyl, Joggie Jansen, Tampan Booyens, Jan Grobler, Roelf Meyer, George Meiring, Juba die Rolls Royce en Gerrie Sonnekus opgelewer het.
Dit was dan ook my droom dat my enigste seun soos sy pa eendag ‘n Reitzman en Kovsie sou word en dit was met groot trots en verwagting dat ek hom op Saterdag 12 Januarie hierdie jaar daar met ‘n paar onderbroeke en ‘n yskas by Bungalow 11 afgelaai het. Toe hy sy kas oopmaak is Bismarck du Plessis se naam met ‘n filtpen aan die binnekant van die deur geskryf. En natuurlik was Jannie ook daar. My verwagting was dat Seun vir ten minste drie jaar daar sou bly, hard leer ( anders as sy pa), hard speel ( sóós sy pa), ook broers wat hy nie voorheen in sy lewe gehad het nie daar ontmoet en ja, dat hy die Reitztrui met trots op die rugbyveld sal dra. Ek sal erken rugby is ‘n bietjie van ‘n afgod in Reitz maar is ander afgode nie partykeer meer skadelik as rugby nie? In elk geval, dis wat ons vir sy ma moes sê om haar te oortuig. En dáái heerlike uitasem trots toe ek een Vrydagmiddag van Pretoria af deurjaag om hom in sy eerste wedstryd vir Reitz te sien speel en hy met sy eerste “touch” van ‘n bal in ‘n Reitztrui ‘n lekker langafstanddrie in die hoek gaan druk. Nou wel vir die koshuis se derde span, maar sê ek daar hoogs tevrede vir myself, daar het baie Springbokke in daai derdespan begin!
O ja, wat ek amper vergeet het om te sê is dat ons ten volle bewus was van die feit dat hy die koshuis sou deel met ouens van ander kulture en rassegroepe en ons het geen probleem daarmee gehad nie, mits die universiteitsowerhede dit sinvol sou bestuur. Later die jaar het ‘n paar van dié manne saam met hom vir die koshuis se spanne uitgedraf en het die Reitzmanne hulle aangemoedig met amper dieselfde geesdrif as wanneer die Sharks se ondersteuners vir “ The Beast” skree.
In Februarie sit ek vroegaand daar in ‘n hoë woonstel in die Strand en wag vir die son om daar langs Tafelberg te sak en toe kry ek ‘n oproep wat voel my, my hele lewe op sy kop omgekeer het. En omtrent almal vir wie ek omgee se lewens ook. Ek hoor uit die perd se bek van die gewraakte video, gril vir die relaas oor die urine in die kos, sê vir myself ek’s bly dis nie my seun nie want daai laaities gaan verseker geskors word en toe gaan slaap ek maar. Nie ‘n lekker slaap nie want in my kop spook nog die vorige week se moleste en vandalisme op my mooi ou kampus. Maar niks kon my voorberei op die volgende dag se koerante nie. Groot halfbladfotos van die vier op die voorblad van die Argus ( groter fotos as destyds s’n van die ouens wat in New York in die World Trade Centre vasgevlieg het) Ek bel ontsteld weer Bloem toe en die jongmanne in die koshuis sê Oom ons is jammer oor die storie maar Oom moet net weet, dit was nie rêrige urine nie, dit was nageboots met ‘n Orosbottel. En alhoewel dit nog steeds vrek onsmaaklik is, proe daai weergawe darem toe vir my ‘n raps beter as die ander een. Natuurlik sal die universiteit se mediamense en topbestuur seker maak dat dié ietwat “sagter” weergawe van die gruwelverhaal ook die wêreld se voorblaaie haal. Maar helaas! Toe die bloedhonde op die toneel kom toe jag ons eie mense saam!
En dit bring my by vers twee van my verhaal wat laasweek geëindig het met die ( vir ons Reitzmanne) tragiese afsluiting van meer as sestig jaar se trotse geskiedenis. Want ja, anders as die boodskap wat die wêreld ingestuur is, was Reitz ‘n trotse en uitmuntende koshuis. Enig in sy soort en net baie selde om die verkeerde redes. Almal van ons wat ouers is weet dat geen twee kinders in ‘n huis presies dieselfde is nie. Elkeen het sy eie persoonlikheid en streke. Ja , en so was die tweede oudste seun, Reitz, seker die onnutsige karnallie van die gesin. Vol poetse op die res van die gesin, altyd ‘n oorspronklike grappie, lief vir die meisies en rugby ( dit wil sê ‘n baie normale laaitie), wel partykeer stout genoeg vir ‘n pak maar nooit ‘n kandidaat vir die tronk nie.
(Terloops, die UV-bestuur kon op ons versoek nie vir ons enige dissiplinêre rekord gee wat wys dat Reitz na sy heropening in 1997 enigsins vir hulle ‘n groter probleem as die ander manskoshuise was nie).
So het elke universiteit in die land een of twee koshuise wat deur die jare die hart en siel van die plek gevorm het, of dan ten minste gemaak het dat die plek gees het en ‘n bietjie meer aksie beleef as die gemiddelde ouetehuis in die dorp. Dink maar aan ‘n Sonop by Tukkies of ‘n Wilgenhof of Simonberg op Stellenbosch. Ek is bevrees ‘n groot deel van daardie hart van Kovsies is nou uitgeruk en begrawe. Die vyande van Reitz sal sê goed so, “serves them right” of “hulle het daarvoor gesoek”. Maar snaaks genoeg, ek sukkel om enige plek in die land oud-Kovsies (en selfs ouens wat gereeld op die rugbyveld teen ons tweede gekom het) op te spoor wat daardie sentiment deel of wat tevrede is met hulle alma mater se hantering van dié saak. Trouens, hulle is oor die algemeen (90% en meer sou ek dink) dik de duiwel in oor die feit dat politici en buitelanders se menings soveel belangriker vir die UV geword het as dié van sy eie studente en oud-studente.
Die vraag is, kon die Reitz-sage anders hanteer gewees het, of was die UV se bestuur maar magteloos meegesleur die dag toe Minister Pandor daar deur Reitz kom marsjeer het, nie een inwoner gegroet het nie en deur haar tande gesis het: “ Why isn’t this place closed yet?” (aldus my bronne in die koshuis) Die antwoord is ja, maar niemand daar bo wou dit anders hanteer nie. Vrede of versoening van partye was nooit vir die UV-bestuur ‘n opsie nie. Sluit die bron van alle kwaad dan vergeet ons van die meer as R3 miljoen rand se skade wat swart en wit vroeër saam op die kampus aangerig het, sluit hom want dis wat ons PR-konsultante sê wat nodig is as ons die buiteland, die media en die een helfte van ons studente gelukkig wil hou, begin ‘n skynkonsultasieproses waar almal dink hulle word aangehoor en doen dan net wat jy reeds op dag een besluit het, ignoreer alle voorstelle van die oud-Reitzmanne wat ‘n beraad belê het om versoening te probeer bewerkstellig en ‘n wen-wen situasie te probeer skep, verswyg doelbewus van dag een af die feit dat die urine-toneel in die video gesimuleer was, laat die jong Reitzmanne aan die genade van die media oor om sonder enige hulp van jou mediaspan self die kastaiings uit die vuur te krap, ignoreer die feit dat 120 ouens (waarvan ‘n derde die vorige jaar nog op die skoolbanke gesit het) gestraf word vir vier se mistasting (vier manne wat terloops tot vandag toe nie krimineel vervolg is nie), verbied onskuldige lede van Reitz se rugbyspan om die UV te gaan verteenwoordig by die Super Bowl in George en as jy dan die plek sluit , skop jy nog die man wat op die grond lê deur dit vir hom in die middel van die eksamen te sê en dan te forseer om reg in die middel van die jaar nuwe huisvesting te gaan soek. O ja, en jy maak sy laaste dag in die koshuis 30 Julie en nie 31 Julie nie om nog so ‘n ou kortetjie in die ribbetjies in te kry. Op SABC- nuus, twee aande voor die laaste ou trek, is dit ‘n swart student van ‘n ander koshuis wat sê : “ This wasn’t necessary.” Ek rus op my kassie, oftewel, “I rest my case.”
‘n Rukkie gelede was daar ‘n storie in die koerante van die planne wat gemaak is om ‘n geelhoutboom wat oor die 500 jaar oud is en wat in die slag sou bly met die verbetering van die N2 naby Stormsrivier, te red. R6 miljoen ekstra is bestee om ‘n brug oor die boom se wortels te bou en ook ander inheemse bome en plante te red. My vraag is : hoekom het niemand in Reitz se geval probeer om ‘n brug te bou nie. Kap uit!, was die ongevoelige opdrag. Vandag sit daar in Bloemfontein ‘n gat waar ‘n spesiale boom was en ‘n klomp bitterheid onder die onskuldiges en oumanne wat nou uitgeworpenes op hul eie kampus geword het. Met die WVK-sittings destyds het mense soos Aartsbiskop Tutu en Dr. Piet Meiring selfs moeders en vaders oorreed om hul kinders se moordenaars te vergewe maar in Bloemfontein was die boodskap een van onvergewensgesindheid en selfs wraaksugtigheid. Moet dus nie verbaas wees as besoekers in die toekoms ‘n ander pad kies as die een wat by die uitgekapte boom verbyloop nie.
Ek weet die “dice” het klaar geval en niks gaan Reitz ooit weer laat lewe nie. Die rede hoekom ek egter hierdie laaste woord oor my koshuis wou skryf is oor ‘n erebelofte met die ou UOVS-wapen en Prof. Benedictus Kok se handtekening saam met myne daarop wat ek op 9 Augustus 1971 onderteken het. Daarin onderneem ek onder andere “plegtig en opreg” om “altyd eerlik en onbevrees uit te staan vir alles wat eerbaar, regverdig en waar is.”

Bydrae deur Alex van Rensburg - 1947 Eerstejaar in Reitz kamerwonings