Foto's van Robbe (Reitz Old Boys)
Hallo JP, van links na regs is Johan van Schalkwyk, Christo Rowan en Andre Scholtz. Voor is Willem Nel, hy is deesdae in n rystoel en ons het hom vir n ete geneem vir sy 70 ste verjaarsdag. Ons was almal eerstejaars in Reitz in 1963 en het almal vir die Shimlas op een of ander tyd gespeel. Ons is sedert laat 1960's/vroeg 1970's in Johannesburg en is nog altyd goeie vriende. Soos jy gesê het in jou e-pos, die bande wat gesmee is deur Reitz hou aan voortbestaan, selfs al bly jy in Johannesburg! Groete Johan van Schalkwyk.