Heimat Manskoshuis Nuus 2013
BERIG: KOSHUISRUGBY: UNIVERSITEIT VRYSTAAT: HEIMAT: VOLKSBLAD (KAMPUS)
DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) se koshuisrugbyliga was vanjaar meer vol drama as die Afrikaanse sepie 7de Laan het Tinus van Staden van Volksblad onlangs berig.
"Eerstens gaan Vishuis nie volgende jaar die geleentheid hê om sy Varsitybeker-kroon te verdedig nie. Dit volg nadat die koshuis-kampioen van die land in die halfeindstryd deur Armentum (34-19) uitgeboender is.
Maar soos in enige goeie sepie het die drama nie daar geëindig nie. ’n Mens sou dink Armentum se eerste span sou op die golf van só ’n oorwinning onkeerbaar in die eindstryd wees.
Toe nou nie. Heimat het in sy 65ste bestaansjaar die beker verower met ’n klinkende sege van 42-15 oor Armentum.
“Dit is ’n reuse-sukses vir die koshuis, veral omdat ons ’n redelik klein koshuis is,” het Willie de Jager, kaptein van Heimat se eerste span, gesê.
Heimat se oorwinning het meegebring dat dié koshuis volgende jaar aan die Varsitybeker vir koshuise gaan deelneem. In Vishuis se plek.
“Ons gaan nie met die ingesteldheid dat ons net daar is om getalle vol te maak nie.
“Ons gaan vir seker speel om die beker te wen. Ons het volgende jaar ’n goeie kombinasie van ou manne en jong spelers wat mooi deurkom,” het De Jager gesê.
Hy sê die span se wenresep oor die jaar heen was harde werk.
“Niemand het ’n verskoning gehad om nie hard te werk nie.”
Armentum se o.20-span het darem vergoed vir die seniors se glips teen Heimat deur Vishuis in die eindstryd met 37-29 te klop.
“Aan die begin van die seisoen het ons as span bymekaargekom en besluit ons gaan die eerste o.20-span van Armentum wees wat die beker wen. Dit was ons 45-jaar-reünie, so dit was ook baie goeie motivering vir die ouens,” het Jopie Potgieter, kaptein van die o.20-span, gesê.
“Die hele koshuis is bitter trots op die manne. Dit het al die koshuisgangers nog trotser gemaak om in Armentum te wees,” het Potgieter gesê.
Heimat het die derdeliga-stryd gewen, terwyl Armentum se tweede span ook in sy liga koning gekraai het.
Verder word beplan om die formaat van die koshuisliga volgende jaar te verander na ’n soort“kolleges-liga”. Dit sal meebring dat enigiemand, hetsy ’n student of nie, vir ’n “kollege” sal kan speel. Die “kolleges” sal bestaan uit een of meer bestaande koshuis wat saamsmelt met ander koshuise om sodoende sterker spanne te vorm. Die plan moet egter nog finaal goedgekeur word en daar is nog nie uitsluitsel oor presies hoé, indien enigsins, dit gaan werk nie. Dit blyk ook dat dié spanne dan ook in die Bloemfonteinse Stadsbekerliga gaan meeding."
Die deelnemende universiteite se onderskeie koshuisliga-wenners in 2013 neem in 2014 aan die Varsity Cup se Steinhoff koshuisrugbykampioenskap deel. Die voorlopige bepalings is:
24/2/2014 16h45 Heimat wenner koshuisliga UJ
10/3/2014 14H45 Kaapstad wenner koshuisliga UCT
17/3/2014 19H00 Shimlapark wenner koshuisliga UJ
24/3/2014 semi-finaal
7/4/2014 finaal

HEIMAT WEN DIE BEKERS: K1 EN K3 KOSHUIS-RUGBY: 2013
HUISKOMITEE VIR 2014
Die private manskoshuis Heimat het onlangs sy nuwe huiskomitee aangewys. Van links is, voor: Conrad Myburgh (geestelik en kultuur), Luan van der Walt (onderprimarius en sport), Chris du Randt (primarius) en Wynand Bezuidenhout (finansies en breekskade); agter: Lafras Lamont (jool en kommunikasie), Eugene le Roux (eerstejaars), Riaan Schoeman (sosiaal) en Claude Jones, skakelbeampte van die nasionale unie van oud-Reitzmanne in die koshuis. Die koshuishoof, Christo Dippenaar, was afwesig toe die foto geneem is. (Volksblad 10 September 2013)
Heimat hou reünienaweek
Talle generasies kuier saam
Verslaggewer (Volksblad 10 September 2010)
HEIMAT, die oud-Reitz-koshuis van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het onlangs behoorlik feesgevier.
Altesaam 182 oud-Reitz- en Heimatmanne van oor die land heen het saamgetrek om die koshuis se 65ste herdenking van 23 tot 25 Augustus te vier.
Die oudste manne wat die reünie bygewoon het, was Piet Nel van Bloemfontein, wat in 1949 ’n eerstejaar en in 1952 primarius van die koshuis was, asook Willem van Niekerk van Port Elizabeth, wat dieselfde jaar eerstejaar was en later ook HK-lid geword het.
Die studente-leraar, ds. Christo Louw, het die reünie die Vrydagoggend met ’n teekanbiduur ingelui, waarna saamgekuier is in die bond en markiestent by die nuwe koshuis.
Oud-Springbokke Eben Jansen en Chris Badenhorst het die rugbyspanne se truie uitgedeel voordat daar ’n vleisie op die kole gegooi is.
Heimat se eerste en tweede rugbyspanne kon die kroon op die naweek span, deur die Vrydagaand onderskeidelik met 36-24 en 57-5 met Veritas af te reken.
Ná die rugby is tot in die vroeë oggendure gekuier voordat Saterdag se verrigtinge om 12:00 met ’n huisvergadering geopen is.
Ds. Jan Pretorius, voormalige primarius van Reitz, het die skriflesing gedoen.
Die aand is ’n formele geleentheid op die UV-kampus gehou en die naweek is die Sondagoggend met ’n kerkdiens in die NG kerk Universitas afgesluit.