Hierdie bladsye word aan President Reitz Kamerwonings toegewy. Kliek gerus op die subhofies om meer te lees.
Die Nasionale Unie vir Oud-Reitzmanne (NUOR)
DOELSTELLINGS UIT GRONDWET
(Robbie Dennis)
Die Unie sal hom ten doel stel om:
Die oud-inwoners staan bekend as die ROBBE, afgelei van Reitz Old Boys.
(Robbie Dennis)
Die Unie sal hom ten doel stel om:
- die samehorigheid- en eenheidsgevoel onder oud-inwoners en huidige inwoners van die koshuis te bevorder;
- die belange van oud-inwoners as sodanig onderling te bevorder;
- behulpsaam te wees met die beskerming en uitbouing van die belange van die koshuis en huidige inwoners deur aanwending van die korrekte gesprekskanale, sonder om in te meng in die koshuis se bestuur en verhouding met die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (hierna “die UV” genoem);
- beurse aan inwoners en voornemende inwoners van die koshuise beskikbaar te stel;
- finansiële bystand te verleen ten aansien van bewese behoeftes van die koshuis soos byvoorbeeld rugby-toere, opgradering van fasiliteite, aankoop van sportbenodighede, ens.;
- ‘n fonds te stig ter bereiking van hierdie doelwitte en dit te administreer;
- alle oud-inwoners van die koshuis in ‘n hegte eenheid saam te snoer wat die trotse tradisies van die koshuis en die Universiteit in stand te hou, bevorder, uitdra en beskerm;
- welwillendheid en lojaliteit teenoor die koshuis en die UOVS onder oud-inwoners te kweek sodat oud-inwoners sal waak oor die belange van hul koshuis en alma mater;
- te poog om die goeie beeld van die koshuis wat deur dekades opgebou is, te bestendig en verder uit te bou;
- erkenning te verleen aan huidige inwoners en oud-inwoners wat buitengewone prestasies lewer.
Die oud-inwoners staan bekend as die ROBBE, afgelei van Reitz Old Boys.